Bushy McDougal

by Viljoen, Nick
ISBN: 9798867643720
Availability:
  • Online Only
$18.87

Available Offers


Pickup at {0} Out of stock at {0} Check other stores
FREE -
Ship to Me
$3.99 -

Overview

Bushy McDougal is vasgevang in die kloue van 'n gewetenlose dwelm- en diamantsmokkelaar van Namibië. Hy het uit desperaatheid jare tevore geld geleen by die skurk en word daarna deur hom afgepers en gedwing om dinge te doen wat hierdie saggeaarde grapjas nooit sou kon droom om te doen nie.
Bushy besef hy sal nooit uit die kloue van Blanche Mouton kan kom nie, en besluit om met 'n groot bedrag kontant en diamante van hom op die vlug te slaan.

Wanneer Jack du Toit, 'n goeie vriend van Bushy, hoor Bushy het soos 'n groot speld verdwyn, besluit hy om so 'n bietjie rond te vra wanneer hy en twee van sy klublede met hul motorfietse deur Namibië op toer gaan. Onwetend betrek Bushy sy vriend by Blanche Baster Mouton se wraak oor iets wat gedurende die grensoorlog gebeur het.

Jack besef dat iets nie lekker is met die verdwyning van Bushy nie. Daar gebeur nooit iets in Namaqualand nie, maar ongeveer dieselfde tyd van Bushy se verdwyning, val 'n chopper van die myn myle van waar hy moet wees in die see. Albei die insittendes is doodgeskiet. Blykbaar is 'n klomp diamante ook weg.

Deur die Suide van Namibië en Namaqualand speel die woeste soektog af na Bushy, die geld en die diamante.

Twee ouens word dood in 'n motor gevind net buite Springbok. 'n Aanval op 'n boer in Suid-Afrika deur 'n bendelid. 'n Bendeleier word in stukke geblaas. Alle paaie lei na Blanche Mouton.

Maar die vraag op almal se lippe: Wat het van Bushy McDougal, die diamante, en BB se miljoene geword?

  • Format: Trade Paperback
  • Author: Viljoen, Nick
  • ISBN: 9798867643720
  • Condition: New
  • Dimensions: 8.50 x 0.69
  • Number Of Pages: 332
  • Publication Year: 2023
Language: Afrikaans